Monday, April 4, 2011

Die Grondwet van die Afrikaner Weerstandsbeweging

As promised, here is the Afrikaans text of the AWB Grondwet.

I'm going to state again, that I am only posting this for informational purposes. I am not in any way connected to the AWB.

There is the possibility of a misspelling here or there. I have gone back through it and corrected any mistakes that I found. However, there might still be a few. If anyone who speaks and writes Afrikaans fluently would care to point out any errors I made then I would be pleased to hear from you. If I find any errors myself, I will correct them and add an update listing what was corrected.


--------------------------------------------------------------------------------------

Opgedra

Aan ons geagte kamerade en volksgenote; u wat in stilte bou en werk aan ons groot vryheidsideaal:

Ons is besig om te bou aan 'n Veilige Volkshuis vir ons en die geslagte wat na ons kom.

Elke gebou bestaan uit bakstene wat ry vir ry opmekaar gepak moet word totdat dit afgerond is, dak op het en gereed is om bewoon of betrek te word.

U en ek is daardie bakstene wat die kwaliteit van ons Volkshuis sal verseker. Ons Program van Beginsels is die plan waarvolgens ons bou.

Wat u nou in u hande vashou - die grondwet - is die troffel waarmee u plan en baksteen uitbou tot die finale glorieryke eindproduk. Daarsonder kan u nie bou nie. Ons bouers; nie brekers nie. Mag u troffelaltyd blink in die woel en die werskaf en mag die sweet van u arbeid deur dankbare nageslagte as grootse erfenis beskou en behou word.

Ons gaan wen, ons sal wen want ons wil wen!

Piet Rudolph
Hoof: Organisasie en Administrasie

GRONDWET VAN DIE AFRIKANER WEERSTANDSBEWIGING

Inhoudsopgawe

Hoofstuk 1: Naam
Grondslag
Art. 1: Samestelling
Art. 2: Vereistes vir Lidmaatskap
Art. 3: Goedkeuring van lede
Art. 4: Weiering of Beeindiging van lidmaatskap deur Raadsleiers
Art. 5: Appel
Art. 6: Regte en pligte van lede
Art. 7: Verantwoordelikheid van finale besluitneming

Hoofstuk 2: Burgerrade
Art. 8: Stigting en same telling van Burgerrade
Art. 9: Aantal Burgerrade in ‘n Streek
Art. 10: Die Burgerraadsleier
Art. 11: Verslag van Burgerraadsvergaderings
Art. 12: Pligte en werksaamshede van Burgerrade
Art. 13: Vergaderings
Art. 14: Spesiale Vergaderings
Art. 15: Reg van sittings op Vergaderings
Art. 16: Kworum

Hoofstuk 3: Wyksrade
Art. 17: Wyksrade

Hoofstuk 4: Streeksrade
Art. 18: Samestelling van Streeksrade
Art. 19: Gesagsgebied van ‘n Streeksraad
Art. 20: Werksaamhede
Art. 21: Pligte
Art. 22: Reorganisasie
Art. 23: Vergaderings
Art. 24: Sittingsreg op Vergaderings
Art. 25: Kworum
Art. 26: Appel
Art. 27: Ontbinding

Hoofstuk 5: Gebiedsrade
Art. 28: Samestelling van Gebiedsrade
Art. 29: Gesagsgebied
Art. 30: Funksies en werksaamhede

Hoofstuk 6: Die Hoofraad
Art. 31: Samestelling van die Hoofraad
Art. 32: Reg van tootsie
Art. 33: Pligte en werksaamhede
Art. 34: Vergaderings van die Hoofraad
Art. 35: Kworum
Art. 36: Bevoegdhede
Art. 37: Appel na die Hoofraad

Hoofstuk 7: Die Uitvoerende Raad
Art. 38: Die Uitvoerende Raad
Art. 39: Samestelling
Art. 40: Werksaamhede, pligte en bevoegdhede

Hoofstuk 8: Die Grootraad
Art. 41: Die Grootraad

Hoofstuk 9: Die Opperraad
Art. 42: Die Opperraad
Art. 43: Samestelling van die Opperraad
Art. 44: Vergaderings van die Opperraad
Art. 45: Bevoegdhede van die Opperraad
Art. 46: Die Regspersoonlikheid van die Beweging

Hoofstuk 10: Die Landsberaad
Art. 47: Die Landsberaad
Art. 48: Doel en funksie van diel Landsberaad

Hoofstuk 11: Die Hoofleier en die Onder-Hoofleier
Art. 49: Die Hoofleier an die Onder-Hoofleier

Hoofstuk 12: Boerejeug
Art. 50: Boerejeug

Hoofstuk 13: Die Boervrou
Art. 51: Die Boervrou

Hoofstuk 14: Taal
Art. 52: Taal
Art. 53: Wysiging van die Grondwet


GRONDWET VAN DIE AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING

Hierdie grondwet reel die huishoudelike en interne strukture en discipline van die AWB. Die grondwet moet nie verwar word met die AWB se voorstel vir die grondwet van ‘n vrye, Christelike Republikeinse Boerevolksstaat nie.

Hoofstuk 1: Naam:
Die naam van die Organisasie is:” Die Afrikaner Weerstandsbeweging”

Grondslag: Die Afrikaner Weerstandsbeweging is gegrond op die Program van Beginsels, Beleid, Verklaring van Voorneme en Grondwet.

Artikel 1: Samestelling: Die oranisasie van die Afrikaner Weerstandsbeweging
(hierna die Beweging genoem) word soos volg saamgestel:

Lede van die Beweging
Burgerrade met Besture
Wyksrade met Dagbesture
Streeksrade met Dagbesture en Komitees
Gebiedsrade met Dagbesture
‘n Grootraad
‘n Opperraad
‘n Onder-Hoofleier
‘n Hoofleier

Artikel 2: Vereistes vir lidmaatskap

Enige blanke burger van die Republiek van Suid-Afrika kan as lid van die Beweging toegelaat word mits hy of sy:

2.1 Reeds die ouderdom van 16 jaar bereik het,

2.2 nie ’n lid van ’n onnasionale of volksvreemde organisasie is nie. Met so ’n orgnisasie word ook diensorganisasie bedoel. (Indien wel moet so ’n persoon sy of haar lidmaatskap van so ’n organisasie neerle soos deur die Hoofraad bepaal). Slegs hierna sal lidmaatskap van die Beweging van sodanige persoon oorweeg word.

2.3 die Program van Beginsels en Grondwet van die Beweging onvoorwaardelik skriftelik aanvaar en uitleef.

2.4 gewillig is om hom of haar te onderwerp aan die gesag en dissipline van die Beweging ingevolge die Grondwet.

2.5 die voorgeskrewe aansoekvorm om lidmaatskap voltooi.

(Enige blanke inwoner van die Republiek van Suid-Afrika, insluitende nie-burgers, wat die Program van Beginsels en Grondwet van die Beweging aanvaar, maar wat nie vir lidmaatskap van die Beweging kwalifiseer nie, mag aan sekere aktiwiteite van die Beweging deelneem. Sodanige persone het egter op geen vlak van die Beweging stemreg nie.)

Artikel 3: Goedkeuring van lede

‘n Persoon word deur ’n Burgerraad as lid goedgekeur en deur Uitvoerende Raad bekragtig.

Artikel 4: Weiering of beeindiging van lidmaatskap

4.1 By aansoek om lidmaatskap of te enige tyd daarna kan eniga Burger-, Streeks-, of Gebiedsraad die Uitvoerende Raad van advies bedien m.b.t. die wenslikheid van die goedkeuring van ‘n persoon of die beeindiging van ‘n persoon se lidmaatskap.

4.2 Die Uitvoerende Raad kan sonder verkstrekking van enige rede

4.2.1 weier om ‘n persoon se lidmaatskap te bekragtig

4.2.2 ‘n lid se lidmaatskap beeindig

4.3 ‘n Persoon se lidmaatskap kan a.g.v. wangedrag of onbevoergdheid of enige handeling wat die Beweging skaad deur enige raad in Art. 4.1. genoem, opgeskort word, onderhewig aan appel soos bepaal in Art. 5

4.4 ‘n Lid se lidmaatskap verval outomaties wanneer sodanige lid op ‘n wyse optree wat skadelik is vir die Beweging.

4.5 ‘n lid se lidmaatskap verval outomaties wanneer sodanige lid ook lid word van enige organisasie genoem in Art. 2.2
4.6 ‘n Persoon wat as lid geskors is moet skriftelik deur die Uitvoerende Raad van sodanige skorsing in kennis gestel word.

Artikel 5: Appel

Enige persoon wat as lid geweier of geskors is of wie se lidmaatskap beeindig is of outomaties verval het, het die reg tot appel na die Hoofraad.

5.1 Appel moet kriftelik wees en moet die Sekrataris van die Hoofraad binne vier (4) kalenderweke bereik nadat ‘n persoon kennis van sy beeindiging van lidmaatskap of weiering van lidmaatskap ontvang het, welke geval ook at van toepassing is.

5.2 Sodanige appel word by die eerste Hoofraadsvergadering deur die Sekretaris aan die Hoofraad vir oorweging en beslissing voorgele.

5.3 Totdat ‘n appel deur die Hoofraad oorweeg is en ‘n beslissing daaroor gegee is, word die beeindiging of weiering as geldig beskou.

5.4 Slegs die Hoofraad het die bevoegdheid om oor die herstel van lidmaatskap te beslis.

Artikel 6: Regte en pligte van lede

6.1 ‘n Lid kan op enige vergadering van die Raad waarop hy sittingsreg het, besprekingspunte vir daardie Raad voorstel.

6.2 Enige sodanige besprekingspunt kan met ‘n gewone meerderheidsbesluit na goedkeuring van die Streeksraad na die Hoofraad vir beslissing deurgestuur word.

6.3 Sodanige besprekingspunt genoem in Art. 6.2 moet die Sekretaris van die Hoofraad skriftelik minstens een an kalenderweek voor die daaropvolgende Hoofraadsvergadering bereik.

6.4 ‘n Burgerraadslid moet aan die bedrywighede van die Beweging deelneem. Afwesigheid van twee agtereenvolgende bedrywighede sonder versioning kan tot skorsing aanleiding gee.

6.5 Geen lid mag namens die Beweging ‘n openbare of persverklaring maak of ‘n toespraak op ‘n openbare vergadering lewer sonder die vooraf goedkeuring van die Hoofleier of sy gevolmagtigde nie.

6.6 Soos in Art.2 bepaal dien dames met volle stemreg in Burgerrade. Geen vroulike lid mag egter in ‘n gesagshoedanigheid teenoor enige manlike lid staan nie.

Artikel 7: Verantwoordelikheid van finale besluitneming deur Raadsleiers

7.1 Alle raadsbesluite word b.w.v. meerderheidstem (50% + 1) van alle aanwesige lede by ‘n vergadering geneem.

7.2 ‘n Raadsleier het die verantwoordelikheid van alle besluit van sy Raad.

7.3 Vanwee voormelde verantwoordelikheid is ‘n raadsleier geregtig om enige meerderheidsbesluit, hangende reg van appel soos hierna uiteengesit, te veto.

7.4 Geen Raadsleier is by magte om ‘n minderheidsbesluit deur te voer nie.

7.5 In geval van ‘n staking van stemme dra die Raadsleier die beslissende stem.

7.6 Appel kan aan die Uitvoerende Raad gerig word oor enige meerderheidsbesluit wat deur die betrokke Raadsleier geveto is. Sodanige appel moet skriftelik en binne vier kalenderwerke geskied.

7.7 Indien geen appel binne gemelde tydperk aangeteken word nie, verval die besluit en kan die aangeleentheid opnuut oorweeg word.

Hoofstuk 2: Burgeraade

Artikel 8: Stigting en same telling van Burgeraade


8.1 ‘n Burgerraad word gevestig deur die betrokke Streeksraad met die Streekleier as sameroeper.

8.2. Stigting van ‘n Burgerraad is onderheweig aan gendering van die Streeksraad en bekragtiging deur die Uitvoerende Raad.

8.3 Waar ‘n Streeksraad nog nie Bestaan nie, tree die betrokke beampte van die Uitvoerende Raad of ‘n deur hom gemagtigde lid van die Beweging as sameroeper op.

8.4 In gevalle waar daar geen Streeksraad in die gebied is nie en waar dit nie prakties is om dadelik ‘n gebiedsekrataris of ‘n ampsdraer na die gebied te stuur nie, kan ‘n Burgerraad nogtans soos volg gestig word:

8.4.1 By ‘n vergadering van die lede in die omgewing word ‘n Burgerraadsleier gekies.

8.4.2 Die Burgerraadsleier vul die voorgeskrewe vorm vir die stigting van die Burgerrade in en doen aan die Uitvoerende Raad verslag.

8.4.3 Sodanige Burgerraad en Burgerraadsleier het die magte en pligte van ‘n volwaardige Burgerraad en volwaardige Burgerraadsleier tot tyd en wyl sodanige Burgerraad deur die Uitvoerende Raad goedgekeur is.

8.5 Minstens sewe en hoogstens vyftig (50) funksionele lede vorm ‘n Burgerraad. Indien die getal 50 oorskry word, moet afstigting plaasvind, tensy toestemming skrftelik van die Uitvoerende Raad verkry word.

8.6 Waar dit enigsins prakties moontlik is, behoort Burgerrade volgens beroepe en bedrywe ingedeel te word.

8.7 ‘n Burgerraad bestaan uit ‘n Leier, ‘n Onderleier, ‘n Sekretaris of Sekretaresse en lede.

8.8 Die Leier, Onderleier en Sekretaris en soveel addisionele lede as wat die Burgerraad mag bepaal, vorm die bestuur van ‘n Burgerraad.

8.9 Die Bestuur van ‘n Burgerraad mag te emigrated hoogstens twee lede op die bestuur koopteer,

8.10 By:

8.10.1 die stigting van ‘n nuwe Burgerraad

8.10.2 die reorganisasie van ‘n bestaande Burgerraad

8.10.3 nadat ‘n Burgerraad onderverdeel het

8.10.4 nadat twee bestaande Burgerrade om watter rede ook al veering is sal die persoon wat as voorsitter van die vergardering optree, synde dit die Burgerraadsleier of enige ander amptenaar of amspdraer, geleentheid gee dat persone wat nog nie voorheen by die Beweging aangesluit het nie, hulle aansoeke om lidmaatskap voltooi, en nadat sodanige gillnetted gegee is, sal die vergardering konstitueer uit alle aanswesige persone wat reeds ingeskrewe lede is sowel as diegene wat by daardie geleentheid vir die eerste keer ‘n aansoekvorm voltooi het. Alle hierdie persone genoem sal ‘n stem he vir die verkiesing van ampsdraers op daardie vergadering. Indien persone wat op sodanige vergadering eers aansoek om lidmaatskap gedoen het se lidmaatskap nie goedgekeur word nie en dit blyk dat hulle stemme die verkiesing van ampsdraers beinvloed het, is hierdie verkiesing ongeldig indien die feit binne veertien (14) dak skriftelik onder die aandag van die Uitvoerende Raad gebring word.

8.11 Sodra ‘n Burgerraad gestig is, moet die Streeksraad van daardie bepaalde Streek daarvan in kennis gestel word. Die Streeksraad keur die Burgerraad dan goed of af.

8.12 Die Hoofkantoor van die Beweging moet onmiddellik in kennis gestel word van die stigting van sodanige Burgerraad, by wyse van die voorgeskrewe Burgerraadstigitingsvorm.

8.13 ‘n Burgerraad word as gestig beskou slegs nadat bogenoemde gegewens ontvang is en mits minstens sewe (7) lede se lidmaatskap in terme van Art. 3 bekragtig is. Eweneems sal die optredes soos in Art . 8.10.2-8.10.4 gemeld, onderhewig wees aan bekragtiging deur die Uitvoerende Raad.

8.14 Geen amptenaar van die Beweging mag as ampsdraer verkies word nie.

8.15 Nieteenstaande die bepalings van enige van bovermelde artikels kan die Uitvoerende Raad te enige tyd die stigting van ‘n Burgerraad magtig of ophef.

Artikel 9: Aantal Burgerrade in ‘n Streek

9.1 Soveel Burgerrade as wat die Streeksraad in belang van die Beweging in sy Streek nodig ag, word in ‘n Streek gestig.

9.2 Waar moontlik behoort daar ‘n Burgerraad in elke woon- of landelik gebied gestig te word.

Artikel 10: Die Burgerraadsleier

10.1 Die Burgerraadsleier tree as voorsitter tydens Burgerraadsvergarderings op.

10.2 Die Burgerraadsleier word deur die lede van die Burgerraad in sym amp verksies, deur die Streeksraad goedgekeur en deur die Uitvoerende Raad bekragtig.

Artikel 11: Verslag an Burgerraadsvergaderings

Binne veertien (14) dae na elke Burgerraadsvergadering of aanvulling van die Burgerraad, moet die betrokke Streeksraad ‘n verslag van die varrigtinge, by wyse van ‘n afskrif van die notule, van die Leier van die Burgerraad ontvang.

Artikel 12: Pligte en werksaamhede van Burgerrade
Die pligte en werksaamhede van Burgerrade is:

12.1 Om jaarliks na 1 Julie en voor 31 Augustus sy jaarvergardering te hou waartydens reorganisasie dan plaasvind.

12.2 Om die belange van die gemeenskap in sy gebied te bevorder en uit te bou en opdragte nougeset uit te voer.

12.3 Om, waar ‘n Streeksraad bestaan, alle fondse ingesemal binne 14 dae aan sodanige raad of direk aan die Hoofkantoor te betaal.

12.4 Om volledig rekord te hou van werksaamhede en besonderhede van sy lede.

12.5 Om minstens een maal elke drie maande as raad te vergader ingevolge Art. 13 maar soveel keer as wat nodig geag word ingevolge Art. 14 byeen te kom in belang van die Beweging en sy werksaamhede.

12.6 Om, wanneer ‘n lid ‘n besprekingspunt voorstel vir bespreking deur die Hoofraad, so ‘n besprekingspunt na die Streeksraad te verwys vir evaluering en verdere handeling.

12.7 Om streng binne die grensgebied van die Burgerraad, soos van tyd tot tyd deur die Streeksraad bepaal, te funksioneer.

12.8 Om die werksaamhede wat gewoonlik aan die verskillende ampte verbonde is, asook enige bykomende take wat aan hulle opgedra word, nougesit uit te voer.

12.9 Om opdragte van Rade met meerdere gesag uit te voer.

12.10 Om volgens sy regte, magte en verpligtinge ingevolge hierdie Grondwet op te tree.

12.11 Om indien hy sou verkies, huishoudelik reels op te stel. Sodanige reels mag egter nie in stryd wees met die Program van Beginsels, Beleid of die Grondwet van die Beweging nie.

12.12 Om op plaaslike vlak met Boerejeug die jeugbeweging van die AWB te skakel, hulle behulpsaam te wees en steun te verleen waar nodig. Alle skakeling bly egter onderhewig aan die be palings van Art. 50.

Artikel 13: Vergaderings

13.1 Alle vergaderings word deur die Burgerraadsleier bele. Kennisgewing van vergaderings word deur die Sekretaris/esse gedoen.

13.2 Die Uitvoerende Raad, Gebiedsraad en/of die Streeksraad kan te enige tyd opdrag gee dat ‘n vergadering bele moet word.

13.3 Onderhewig aan die vooraf goedkeuring van die betrokke Streeksraad is die Burgerraadsleier geregtig om te enige tyd ‘n vergadering te bele waar ook nie-lede teenwoordig mag wees.

Artikel 14: Spesiale Vergaderings

14.1 Spesiale vergaderings word deur die Burgerraadsleier self bele, of op skriftelike versoek van minstens vier (4) lede of een-derde van die lede indien die Raad uit meer as tien lede en ingevolge Art. 8.3 bestaan.

14.2 Sulke vergaderings moet binne veertien (14) dae nadat ‘n Burgerraadsleier daartoe versoek is, gehou word, en alle lede moet behoorlik daarvan is kennis gestel word.

14.3 ‘n Versoek om so ‘n vergadering moet skriftelik aan die Burgerraadsleier gerig word en moet deur die lede wat die vergadering versoek, onderteken word.

Artikel 15: Reg van sitting op vergaderings

15.1 Die Hoofleier met vetoreg, die Onder-Hoofleier, Opperraadslede, aangewese verteenwoordigers van die Hoofraad en die Uitvoerende Raad het, nieteenstaande enige bepaling in hierdie grondwet, ipso facto sittingsreg op enige vergadering van ‘n Burgerraad.

15.2 Eweneems het die Gebiedsleier, Streeksleier of Onder-Streeksleier van ‘n bepaalde Streeksraad toegang en spreekbeurt op enige Burgerraadsvergadering in sy Streek.

Artikel 16: Kworum

16.1 ‘n Meerderheid ban die lede van ‘n bestuur is ‘n kworum (50% + 1)

16.2 Op ‘n spesiale Burgerraadsvergadering vorm vier (4) lede ook ‘n kworum.

16.3 In die geval van ‘n Burgerraad met meer as vyftig (50) lede ingevolge Art. 8.5, vorm ‘n gewone meerderheid (50% +1) van die lede van die Burgerraad ‘n kworum.

Hoofstuk 3: Wyksrade

Artikel 17: Wyksrade


Wyksrade kan, waar daar behoefte voor bestaan, in elke Streek deur die Streeksraad saamgestel word.

17.1 Wyksrade word op dieselfde wyse as Streeksrade soos in Art. 18.2 en 18.3 saamgestel.

17.2 Wyksrade reorganiseer jaarliks tussen 1 Oktober an 31 Oktober en kies by die geleentheid uit eie geledere ‘n Wyksraadleier, ‘n Onderleier en ‘n secretaries of sekretaresse plus soveel bykomende lede as wat die raad mag goed dink. Gemelde persone tree op as die Dagbestuur en word beklee met die gesag en bevoegdhede van die Wyksraad wanneer die Wyksraad nie sitting hou nie.

17.3 Die Wyksraad is ondergeskik en verantwoordelik aan die Streeksraad.

17.4 Die Streeksraad kan soveel van sy bevoegdhede en funksies as wat hy nodig mag ag, aan die Wyksraad oordra met die uitsondering van die volgende:

17.4.1 Keuring van ‘n Burgerraad

17.4.2 Skorsing van ‘n lid van die Beweging

17.4.3 Ontbinding van ‘n Burgerraad

17.5 Die Wyksraad vergader so dikwels as wat nodig geag mag word.

17.6 Die Wyksraad verrig werk of voer opdragte uit wat die Streeksraad, die Hoofraad of die Uitvoerende Raad aan hom opdra.

17.7 Die Wyksraad doen so gereeld verslag oor sy werksaamhede aan die Streeksraad as wat die betrokke Streeksraad bepaal.

Hoofstuk 4: Streeksrade

Artikel 18: Samestelling van Streeksrade


18.1 Waar slegs een Burgerraad in ‘n Streek bestaan, vorm daardie Burgerraad die Streeksraad totdat ‘n verteenwoordigende Streeksraad saamgestel is.

18.2 In ‘n Streek waar meer as een Burgerraad bestaan (Vroue Burgerrade ingesluit) die Streeksraad. Hulle verkry sitting met stemreg.

18.3 Sodra ‘n tweede Burgerraad in ‘n Streek gestig word, gelas die Uitvoerende Raad die samestelling van ‘n Streeksraad, met ‘n gemagtigde persoon as sameroeper.

18.4 Die Streeksraad verkies uit eie geledere ‘n Dagbestuur van die Streeksraad bestaande uit ‘n Streeksleier, ‘n Sekretaris of Sekretaresse en soveel bykomende lede as wat die Streeksraad mag bepaal.

18.5 Die Dagbestuur word beklee met die gesag en bevoegdhede van die Streeksraad wanneer die Streeksraad nie sitting hou nie.

18.6 Die Dagbestuur van die Streeksraad mag te enige tyd hoogstens 2 lede van die Streeksraad op die Dagbestuur koopteer.

18.7 Die Dagbestuur is by magte om deskundiges van buite die Streeksraad ten benoem om hulle van advies te bedien. So ‘n persoon sal nie stemreg op die Dagbestuur he nie en ook nie sittingsreg op die Streeksraad nie.

18.8 Die Streeksraad kies uit die geledere van die vrouelede van die Streeksraad, die Streeksleidster van AWB vrouelede. Sodanige verkose Streeksleidster verkry sitting op die Hoofraad van die Beweging (sonder stemreg).

Artikel 19: Gesagsgebied van ‘n Streeksraad

Die Gesagsgebied van ‘n Streeksraad is daardie gebied wat van tyd tot tyd deur ‘n afbakeningskomitee afgebaken word en deur die Departement van Binnelandse Sake as kiesafdeling geproklameer word. (Die grense van ‘n Streek val dus saam met die grense van ‘n kiesafdeling)
Die Uitvoerende Raad is by magte om in uitsonderlike gevalle en nadat ‘n gemotiveerde skriftelike voorlegging in die verband deur die Streke wat geraak word aan hom gemaak is, die gesagsgebied van ‘n Streeksraad wysig.

Artikel 20: Werksaamhede van die Streeksraad

Die taak van die Streeksraad sluit in om:

20.1 met die grootste verantwoordelikheid die vaandel van die Beweging te dra,

20.2 met doelgerigtheid die boodskap van die Beweging aan die inwoners van die Streek oor te dra en hulle steun te werf,

20.3 die Beweging se organisasie in die algemeen in die Streek te behartig,

20.4 die werksaamhede van die Burgerrade en Wyksrade aan te moedig en te koordineer,

20.5 te funksioneer as die gesagsdraer van die Beweging in die Streek,

20.6 uitvoering te gee aan opdragte van meerdere Rade.

Artikel 21: Pligte van die Streeksraad

Die Streeksraad keur nuwe Burgerrade waarna hulle deur die Uitvoerende Raad bekragtig word. Verder sal die Streeksraad:

21.1 die grensa van Burgerrade vasstel,

21.2 gereeld ledelyste van Burgerrade versamel en behoorlik rekord daarvan hou,

21.3 alle regte uitoefen en alle pligte ingevolge hierdie Grondwet nakom

21.4 behoorlik van die Beweging se werksaamhede in die Streek rekord hou, en verantwoordelik wees aan die Uitvoerende Raad vir alle handelinge van die Beweging in die Streek,

21.5 gereeld fondsinsamelingsveldtogte onderneem in oorleg met die Uitvoerende Raad en in opdrag van die Hoofraad, en met sodanige ingesamelde fondse soos in Art. 12.3 neergele handel en alle besluite van die Hoofraad ten opsigte van die streek waarvoor hy verantwoordelik is, uitvoer

21.6 openbare vergaderings reel, waarvoor amptelike sprekers in oorleg met die Uitvoerende Raad gereel moet word

21.7 huishoudelike konsepregslemente vir Burgerrade voorle of aangebode reglemente goedkeur, mits dit nie in stryd is met die bepalings van hierdie Grondwet nie.

Artikel 22: Reorganisasie van die Streeksraad

22.1 ‘n Streeksraad reorganiseer jaarliks tussen 1 September en 30 September.

22.2 Reorganisasie vind plaas soos voorgeskryf deur Art. 18.

22.3 Binne veertien (14) dae na reorganisasie moet die Hoofkantoor op die voorgeskrewe vorm vir die stigting van ‘n Streeksraad, verwittig word van sodanige reorganisasie en moet die besonderhede deurgegee word.

Artikel 23: Vergaderings van die Streeksraad

23.1 Die Streeksraad vergader so dikwels as nodig, maar minstens vier keer per jaar.

23.2 Gewone vergaderings word bele deur die Streeksleier.

23.3 ‘n Spesiale Vergaderings moet deur die Streeksleier byeengeroep word indien minstens een derde van Streeksraadslede dit skriftelik versoek, en wel binne veertien (14) dae na ontvangs van so ‘n versoek.

23.4 ‘n Spesiale Vergaderings van die Streeksraad word deur die Streeksraadleier bele nadat minstens een vyfde van die Burgerraadslede binne die streek dit skriftelik versoek het en wel binne veertien (14) dae na ontvangs van so ‘n versoek.

23.5 Jaarlikse vergadering: ‘n vergaderingsverslag moet by wyse van notule en bylae (finansiele verslag) aan die Uitvoerende raad gelewer word.

23.6 Die jaarlikse vergadering vind plaas soos per Art. 22.1.

Artikel 24: Sittingsreg op Vergaderings

Die Hoofleier en die Onder-Hoofleier met vetoreg, Opperraadslede, aangewese verteenwoordigers van die Hoofraad en die Uitvoerende Raad het ipso facto sittingsreg op die vergaderings van die Streeksraad.

Artikel 25: Kworum

‘n Gewone meerderheid (50% + 1) van alle lede van die Streeksraad vorm ‘n kworum.

Artikel 26. Appel
26.1 Daar kan teen enige beslissing van die Streeksraad na die Uitvoerende Raad geappelleer word.

26.2 Indien tevredenheid nie by die Uitvoerende Raad verkry word nie, kan appel by wyse van ‘n gewone besprekingspunt na die Hoofraad gaan vir finale beslissing.

Artikel 27: Ontbinding van Streeksrade

‘n Streeksraad kan slegs deur die Uitvoerende Raad opgeskort word, waarna die Hoofraad sodanige ontbinding finaal bekragtig of die opskorting ophef.

Hoofstuk 5: Gebiedsrade

Artikel 28: Samestelling van Gebiedsrade

‘n Gebiedsrade word as volg saamgestel:

Dagbestuur:

28.1 ‘n Gebiedsleier - verkies deur Streeksleiers en Onderleiers (met stemreg) of deur die Uitvoerende Raad aangewys totdat die Streeksrade in die betrokke gebied gevestig is. *

28.2 ‘n Gebieds-Onderleier - verkies soos hierbo (met stemreg).

28.3 ‘n Gebiedsekretaris- ‘n amptenaar van die Hoofraad en aangestel die Uitvoerende Raad (sonder stemreg).

Verdere lede:

28.4 Die Streeksleiers en Onderleiers van elke streek (met stemreg).

Hoofstuk 6: DIE HOOFRAAD

Artikel 31: Samestelling van die Hoofraad

Die Hoofraad word as volg saamgestel:

Persone met stemreg:

31.1 Die Hoofleier (met veto stem - Art.7)

31.2 Die Onder-Hoofleier

31.3 Voorsitter van die Grootraad

31.4 Streeksleiers of sekundi

31.5 Gebiedsleiers

Persone sonder stemreg:

31.6 Lede van die Uitvoerende Raad

31.7 Gebiedssekretarisse

31.8 Redakteur van die amptelike mondstuk van die Beweging
31.9 Leier van die Boerejeug

31.10 Gebeidsbrandwagleiers van die Beweging

31.11 Leiers van ander Spesialiteitsoranisasies wat deur die Uitvoerende Raad aanbeveel en deur die Hoofraad bekragtig is.

31.12 Voorsitters van komitees van die Grootraad

31.13 Onder-Streekleiers

31.14 Streekleidsters

Artikel 32: Reg van Kooptasie

Die Hoofraad het die reg om te enige tyd kundige persone deur die Uitvoerende Raad aanbeveel, op die Hoofraad te koopteer. Sodanige persone verkry sitting sonder stemreg.

Artikel 33: Pligte en Werksaamhede

Die Hoofraad is met die volgende pligte en werksaamhede belas:

33.1 Om die beleidsrigting, strategie en toekomsplanne van die Beweging binne die raamwerk van die Grondwet en Program van Beginsels en Beleid en onderhewig aan die vetoreg van die Hoofleier, te bepaal, gegrond op verslae en aanbevelings van sy eie lede en van die Uitvoerende Raad.

33.2 Om die Uitvoerende Raad se goedkeuring van lede, aanstelling van Streeksleiers, Gebiedsleiers en ander handelinge te oorweeg en indien in orde gevind, te bekragtig.

33.3 Toesighouding oor die uitvoering van die onderskeie pligte van al die verskillende ondergeskikte liggame en Rade,

33.4 Die hantering van besprekingspunte van Burger-, Wyks-, Streeks-, en Gebiedsrade,

33.5 Die uitbou van die Beweging, dit lewenskragtig te maak en dit te laat inwortel en gedy in die Volkslewe,

33.6 Om van tyd tot tyd sake van Volksbelang te laat ondersoek deur die Uitvoerende Raad of komitees en om die Uitvoerende Raad behulpsaam te wees met die uitvoering van hierdie pligte.

33.7 Verkiesing van die Hoofleier deur ‘n gewone meerderheid. Die Hoofleier kan deur die Hoofraad van sy amp onthef word met ‘n twee-derde meerderheid. In so ‘n geval word ‘n waarnemende Leier verkies, wat vir ‘n tydperk van hoogstens veertien dae ageer. Binne daardie tydperk sal die waarnemende Leier ‘n Hoofraadsvergadering bele en hou waartydens ‘n nuwe Hoofleier verkies word.

33.8 Goedkeuring van ‘n Onder-Hoofleier soos deur die Hoofleier aangewys.

Artikel 34: Vergaderings van die Hoofraad

Alle vergaderings van die Hoofraad word met Skriflesing en gebed geopen.

34.1 Die vergaderings van die Hoofraad word bele deur die Hoofleier. Die Hoofraad sal minstens vier maal per jaar vergader. Wanneer minstens vyf-en-twingtig (25) in getal of 20% van die lede van die Hoofraad gesamentlik skriftelik daarom vra, sal ‘n vergadering van die Hoofraad binne veertien (14) dae bele word. Enige lid van die Hoofraad wat sonder voorafverkree verlof of sonder van kondonasie van afwesigheid ‘n vergadering van die Hoofrad nie bywoon nie, kan deur die Hoofleier as Hoofraadslid geskors word.

34.2 Kennisgewing van gewone vergaderings moet skriftelik en binne redelike tyd gegee word.

34.3 Spoedeisende vergaderings kan telefonies bele word.

Artikel 35: Kworum

‘n Gewone meerderheid (50% + 1) lede van die Hoofraad vorm ‘n kworum.

Artikel 36: Bevoegdhede

36.1 Die Hoofraad beslis oor appelsake by hom aanhangig gemaak, onderhewig aan die finale goedkeuring van die Opperraad.

36.2 Die Hoofraad is bevoeg om besprekingspunte te oorweeg en ‘n aanbeveling vir finale goedkeuring aan die Opperraad voor te le.

36.3 Die Hoofraad is met bevoegdhede soos uiteengesit in Art. 32 en Art. 33 beklee

Artikel 37: Appel na die Hoofraad

Enige lid, ampsdraer, raad of liggaam wat beswaar aanteken teen enige outspread, beslissing, bevinding of reeling, uitgesonderd die van die Opperraad of die Hoofleier, kan kom beroep op die Hoofraad ingevolge Art. 5

37.1 Alle stukke wat met ‘n appel verband hou moet binne veertien (14) dae na die beslissing waarteen geappelleer word, by die Sekretaris van die Hoofraad ingedien word.

37.2 Die Hoofraad kan aan ‘n ad-hoc Regskomitee opdrag gee om ‘n appel te oorweeg met die bevoegdhede om mondelingse getuienis aanbevelings aan die Hoofraad te maak.

37.3 Die Hoofraad se beslissing is onderhewig aan die finale goedkeuring van die Opperraad.

Hoofstuk 7: UITVOERENDE RAAD

Artikel 38: Die Uitvoerende Raad


Die Uitvoerende Raad word aangestel deur die Hoofleier om bepaalde pligte te verrig in verband met die struktuur, strategie en funksionering van die Beweging, wat opdragte sal gee, en sorg dat hulle uitgevoer word, wat alle handelinge van die Beweging sal opvolg, en wat die pligte van alle amptenare, en kantore sal neerle en monitor. Alle aanstellings op die Uitvoerende Raad is odnerhewig aan bekragtiging deur die Hoofraad.

Artikel 39: Samestelling

Die Uitvoerende Raad word as volg saamgestel:

39.1 Die Hoofleier met vetoreg
39.2 Die Onder-Hoofleier met vetoreg in afwesigheid van Hoofleier
39.3 Die Hoofsekretaris
39.4 Die Administratiewe Sekretaris
39.5 Die Finansiele Sekretaris
39.6 Die Hoof van Organisasie
39.7 Persone deur die Hoofleier aangestel om spesifieke funksies te verrig, ingevolge Art. 40

Artikel 40: Werksaamhede, Pligte en Bevoegdhede

Alle handelinge van die Uitvoerende Raad is onderhewig aan bekragtiging deur die Hoofraad. Due Uitvoerende Raad se werksaamhede, pligte en bevoegdhede is as volg:

Algemeen

40.1 Openbare skakelwerk, media-skakeling, reklame en inligting

40.2 Invordering, kodifisering en berging van inligting

40.3 Koordinering van optrede en belange van die Beweging

40.4 Uitvoer van gespesialiseerde navorsingsprojekte

40.5 Uitvoer van opdragte van die Hoofraad (Art. 33)

40.6 Die administrasie van die Hoofkantoor en personeelbeheer

40.7 Die aanstelling en toesighouding van gebiedsekretarisse

40.8 Spesiale projekte

40.9 Vasstelling van ledegeld (Art. 2.5)

40.10 Ontvangs en administrasie van gelde

40.11 Opstel en deurvoer van opleidingsprogramme

40.12 Hantering en aanwending van die Beweging se fondse en die behoorlike boekhouding daarvan.

40.13 Om te enige tyd finansiele state en boeke van enige raad op te eis , dit na te sien en enige bevinding wat uit so ‘n ondersoek spruit aan die Hoofraad voor te le.

40.14 Om lede te keur en hulle skriftelik van sodanige keuring in kennis te stel en lidmaatskapkaarte aan sodanige persone uit te reik.

40.15 Skriftelike kennisgewing aan ‘n lid van beeindiging van lidmaatskap (Art.4).

Ten opsigte van Burgerrade

40.16 Om behulpsaam te wees met die stigting van Burgerrade

40.17 Vasstelling van Burgerraadsgrensa waar streeksrade nog nie gevestig is nie.

40.18 Ontvangs en prosessering van gegewens van lede van Burgerrade.

40.19 Ontvangs van verslee van Burgerrade

40.20 Magtiging verleen om vergaderings te bele waar nie-lede teenwoordig mag wees

40.21 Ontvangs van administratiewe en finansiele jaarverslae

40.22 Sittingsreg op Burgerraadsvergarderings

Ten opsigte van Streeksrade

40.23 Bekragtiging van Streeksraadleiers en Onder-Streeksrradleier

40.24 Opdragte om Streeksrade saam te stel

40.25 Verleen van toe stemming aan Streeksrade ten opsigte van spesifieke projekte

40.26 Ontvangs van administratiewe en finansiele jaarverslae

40.27 Sittingsreg op Streeksrade

Ten opsigte van Wyksrade

40.28 Bekragtiging van Wyksrade

40.29 Opdragte aan en monitor van opdragte aan Wyksrade

Ten opsigte van Gebiedsrade

40.30 Bekragtiging van Gebiedsrade

40.31 Opdragte aan en monitor van opdragte aan Gebiedsrade

Ten opsigte van Hoofraad

40.32 Sittingsreg sonder stemreg op Hoofraad behoudens Art. 31.1 en 31.2

40.33 Voorlegging van finansiele jaarstate aan ‘n finansiele komitee deur die Hoofraad aangewys en met volmag beklee.

Hoofstuk 8: DIE GROOTRAAD

Artikel 41: Die Grootraad


Die Grootraad is ‘n adviesliggaam aangestel deur die Hoofleier om die Hoofraad en Opperraad van deskundige advies te bedien, om bystand te verleen aan beide Rade waar nodig en om sodanige opdragte uit te voer wat deur die Hoofraad en Opperraad aan hom gegee word. Lede van die Grootraad kan ook insette lewer op ad-hoc projekspanne wat onder leiding van die Uivoerende Raad kontensieuse en delikate aangeleenthede ondersoek.

Hoofstuk 9: DIE OPPERRAAD

Artike 42: Die Opperraad


42.1 Die Opperraad is die hoogste gesagsliggaam van die Beweging en behou die reg voor om sekere bevoegdhede en pligte aan ondergeskikte liggame oor te dra.

42.2 totdat die Opperraad ssamgestel word, tree die Hoofraad op as die hoogste gesagsorgaan van die Beweging.

Artikel 43: Samestelling van die Opperraad

43.1 Die Hoofleier
43.2 Die Onder-Hoofleier
43.3 Soveel lede van die Hoofraad as deur die Hoofleier aangestel.
43.4 Soveel lede van die Grootraad as deur die Hoofleier aangestel.

Artikel 44: Vergaderings van die Opperraad

Die Hoofleier bele vergaderings van die Opperraad. Kennisgewing van sodanige vergaderings word deur die Sekretaris van die Opperraad gegee.

44.1 Wanner minstens 50 + 1 van die lede van die Opperraad skriftelik daarom vra, moet ‘n vergadering deur die Sekretaris van die Opperraad bele word, en alle lede van die Opperraad sal daarvan in kennis gestel word. Sodanige vergaderings moet binne sewe (7) dae nadat die Sekretaris van die Opperraad daartoe versoek is, gehou word.

44.2 Twee-derdes van die lede van die Opperraad vorm ‘n kworum.

Artikel 45: Bevoegdhede van die Opperraad

45.1 Die Hoofleier van die Beweging is ampshalwe ook leier van die Opperraad.

45.2 Die aanstelling van Opperraadslede in portfeuljes berus by die Hoofleier.

45.3 Die beginsel van gesamentlike verantwoordelikheid geld in die Opperraad.

45.4 Die verantwoordelikheid van finale besluitneming berus by die Hoofleier (Art.7)

45.5 Die Opperraad kan sonder opgawe van redes enige Raad of ander liggaam van die Beweging, uitgesonderd die Hoofraad, ontbind en so ‘n liggaam of Raad weer laat verkies.

45.6 Die Hoofleier kan sonder opgawe van redes enige lid van die Opperraad van sy amp onthef.

45.7 Die Opperraad of ‘n komitee wat vir die doel saamgestel is, beslis oor appelsake by hom aanhangig gemaak.

45.8 Die Opperraad kan die Uitvoerende Raad opdrag gee om sake van Volks- of Bewegingsbelang te ondersoek

45.9 Die Opperraad is by magte om enige spesialiteitsgroep van die Beweging te organiseer, en so ‘n liggaam sal deurentyd aan die gesag van die Opperraad onderworpe wees.

45.10 Die Opperraad kan adviesrade in die lewe roep om hom oor sake van Volks- of Bewegingsbelang te adviseer.

45.11 Die Opperraad behou die reg voor om sodanige komitees en adviesrade vertroulik te hou, indien hy daarvan oortuig is dat dit in belang van die Voul sou wees.

45.12 Die Opperraad lewer jaarliks, op ‘n gesamentlike vergadering met die Hoofraad, verslag van sy werksaamhede aan die lede van die Beweging by wyse van ‘n Landsberaad bestaande uit afgevaardigdes van alle Burgerrade soos voorgeskryf in Art. 47.

45.13 Die Opperraad is by magte om namens die Beweging lenings aan te gaan of om gelde te bele asook om in enige finansiele aangeleentheid die krediet van die Beweging teenoor derdes te bind.

45.14 Lede van die Opperraad het sittingsreg op alle Raadsvergaderings met stemreg.


Artikel 46: Die Regspersoonlikheid van die Beweging
46.1 Die Regspersoonlikheid van die Beweging setel in die Opperraad. In opdrag van die Opperraad kan enige bevoegde persoon in die Beweging regtens verteenwoodrig in enige hof of andersins.

46.2 Die Beweging kan roerende sowel as vaste eiendom besit en verder enige regshandeling uitvoer wat kragtens wet versoenbaar is met regspersoonlikheid.

46.3 Alle fondse ingesamel is die onvervreembare eiendom van die Beweging. Fondse in besit van Burgerrade en Streeksrade is die eiendom van die Beweging en kan deur die Opperraad opgeeis word.

46.4 Die boekjaar van die Beweging strek vaan 1 Maart tot 28 Februarie.

Hoofstuk 10: DIE LANDSBERAAD

Artikel 47: Die Landesberaad


Die Landsberaad word jaarliks bele op ‘n plek en tyd soos deur die Opperraad bepaal en word as volg saamgestel:

47.1 Die Opperraad, Die Hoofraad, die Uitvoerende Raad en afgevaardigdes uit elke Streeksraad deur middel van Burgerrade (2 afgevaardigdes per Burgerraad).

47.2 Elke afgevaardigde na die Landsberaad moet ‘n geloofsbrief van sy Burgerraad, geteken deur die Burgerraadsleier en sekretaris, as bewys dat hy ‘n wettige verteenwoordiger van sy Raad is, indien. ‘n Lid se lidmaatskapkaart moet ook getoon word indien vereis.

47.3 Kennisgewing van sodanige landsberaad moet in die amptelike mondstuk van die Beweging bekend gemaak word en skriftelik kennisgewing moet alle Burgerrade beraad.

Artikel 48: Doel en funksie van die Landsberaad

48.1 Om ‘n volledige oorsig en uiteensetting van die aktiwiteite en prestasies van die Beweging in die voorafgaande jaar te verkry.

48.2 Bekendstelling van die Landswye leierstruktur.

48.3 Die kweek van hegte kameraadskap en motivering van lede deur toesprake en ander optredes deur persone of groepe vir die doel deur die Opperraad aangewys.

48. 4 Om doelwitte en take vir die Beweging in die algemeen in die daaropvolgende jaar daar te stel.

Hoofstuk 11: DIE HOOFLEIER EN ONDER-HOOFLEIER VAN DIE BEWEGING

Artikel 49: Die Hoofleier en Onder-Hoofleier van die Beweging


Enige verwysing in die Grondwet na die Hoofleier is mutatis mutandis van toepassing op die Onder-Hoofleier indien:

49.1 Die Hoofleier weens fisiese redes na die oordeel van die Opperraad nie in staat is om sy pligte na te kom nie.

49.2 Die Onder-Hoofleier deur die Hoofleier en/of die Opperraad spesiaal versoek word om tydelik as Hoofleier te ageer.

Hoofstuk 12: BOEREJEUG

Artikel 50: Boerejeug


50.1 Boerejeug is jeugbeweging van die AWB.

50.2 Die Hoofleier van die Beweging stel die Hoofleier van Boerejeug aan.

50.3 Die Hoofleier van die Beweging is by magte om enige besluit te veto of enige beoogde optrede van Boerejeug af te keur.

50.4 Die Boerejeugleiersraad (die gesagsliggaam van Boerejeug) of ‘n afvaardiging deur die Boerejeugleiersraad (aangewys onder leiding van die Boerejeugleier), vergesel van die Voorsitter van die Raad van Beskermhere, doen verslag oor Boerejeug beplanning en optrede aan die Hoofleier van die Beweging so dikwels as wat nodig is of op versoek van die Hoofleier van die Beweging.

Hoofstuk 13: DIE BOEREVROU

Artikel 51: Die Boerevrou

51.1 Vrouelede van die Beweging vorm ‘n integrale deel van die Beweging.

51.2 Vrouelede van die Beweging woord aangemoedig om, soos Art.8, ook vroue Burgerrade te stig.

51.3 Waar vrouelede van die Beweging in vroue Burgerrade georganiseer is, kan hulle ook bekend staan as Die Boerevrou.

51.4 Vrouelede of -Burgerrade word aangemoedig om veral spesifieke projekte soos die volgende uit te voer:
- administrasie (sektretarieel)
- noodleniging en versorging
- voedselverspreiding
- geestes- en fisiese weerbaarheid
- paraatheid
- fondsinsameling

Hoofstuk 14: TAAL EN GRONDWET

Artikel 52: Taal

Afrikaans is die amptelike voertaal van die Beweging. Alle interne korrespondensie en verslae van die Beweging geskied in Afrikaans.

Artikel 52: Wysiging van die Grondwet

Die Grondwet van die Beweging kan slegs deur die Hoofraad gewysig, verander of aangevul word.

Saamgestel en uitgegee deur P W Bingle namens die Grondwet komitee van die AWB litografies versong deur Wentzel Coetzer Drukkers en gedruk deur Aurora, Mitchellstraat

No comments:

Post a Comment